Die atletiekseisoen is in volle gang. Een van die hoogtepunte op plaaslike skole se atletiekkalender het Dinsdag (11 Februarie) met die jaarlikse Prestige-atletiekbyeenkoms in die Dal Josafat-stadion plaasgevind. Op dié dag het die Hoër Jongenskool Paarl, Paarl Gimnasium, die Hoër Meisieskool Paarl, Paul Roos en die Hoërskool Bloemhof op die atletiekbaan meegeding. Vanjaar het Paarl se Hoër Jongenskool en Meisieskool weer die wenbeker omhoog gehou. Foto’s: Ernest Kilowan