Marietjie Koekemoer-Swanepoel (middel) het onlangs haar buiging as skilder gemaak met die opening van haar eerste kunstentoonstelling, “Ongekunsteld”, by die Muratie-wynlandgoed buite Stellenbosch. Baie van Marietjie se skoolmaats van Hoër Meisieskool Bloemhof in Stellenbosch het haar kom ondersteun, hulle is Deborah Binneman, Tessa Malan, Mariët Smal, Carina Draaijer. Elmarie van Niekerk en Isabel Carstens Roos. Die kunstenaar Louis Janse van Rensburg het die tentoonstelling geopen en Marietjie se werke sal tot 25 April by Muratie te siene wees. Foto: Janie du Plessis