Skerpskryf, ’n skeppende Afrikaanse skryfkompetisie vir graad 7-, 10-, 11- en 12-leerders van Drakenstein word vanjaar vir die sesde keer aangebied deur die Hugenote Gedenkskool op Dal Josafat, in samewerking met die Afrikaanse Taalmuseum en -monument in die Paarl.
Die Hugenote Gedenkskool was die eerste skool in Suid-Afrika waar kinders amptelik in Afrikaans onderrig is.
Leerders én skole kan lekker pryse wen.
Elkeen kry ook ’n boek as prys.
Leerders kan by hul Afrikaans-onderwyser inskryf. Wenners van die vorige jare kan weer inskryf, maar sal nie in aanmerking kom vir een van die pryse nie.
Inskrywings moet teen 29 Julie ingehandig word by Janine Brown by die Taalmuseum in Pastorielaan 11, Paarl. Sy kan gekontak word vir navrae by 021 872 3441 of opvoeding@taalmuseum.co.za.