Die gr.4- en 5-leerders aan Laerskool Paarl Gimnasium het by hul interne redenaarskompetisie goed presteer en die beoordelaars beïndruk met hul skeppende denke, puik standpunte en redenasievermoë. Agter is die beoordelaars Marelize Meintjies, Suan Wust en Mia du Preez. Voor is Lila-Mari Raymond (vyfde), Ané de Jager (derde), Amelia Minnaar (eerste), Heike Hoffeldt (tweede) en Mienke van Heerden (vierde).