Paarl Post en Paarl Mall se matriekrok-kompetisie brei uit met Entle.

Entle is ’n gesamentlike projek tussen Paarl Mall en Paarl Post om minder bevoorregte matrieks by te staan wanneer dit kom by die jaarlikse matriekafskeid. Die Xhosawoord beteken mooi of pragtig en die doel van die projek is om elke matriekmeisie die geleentheid te bied om pragtig, of dan Entle, te wees op haar matriekafskeid.

Die publiek word dus genooi om vanaf 1 September gebruikte rokke (matriekafskeid- of balrokke) te skenk vir hierdie doeleinde.

Die rokke kan afgelewer word by Paarl Post se kantoor by Nuwestraat 1a, of by Paarl Mall se kantoor. Indien jy meer inligting benodig, bel Sandra Nothnagel by 021 863 5360.

Dit sal volgende jaar in die matriekafskeid-seisoen aan behoeftige leerders geskenk word.

You need to be Logged In to leave a comment.