Die Goosen-boeties, Jeandré (gr.2) en Ruan (gr. 4) van die Laerskool Hugo Rust het in die vakansie in Johannesburg aan die Suid-Afrikaanse junior skaakkampioenskap deelgeneem. Dié twee is gekies om die Kaapse Wynland se o.10-span te verteenwoordig. Ruan het vyf van sy ses wedstryde gewen terwyl Jeandré drie van sy ses wedstryde gewen het.