Miguel Alho (8), ’n gr. 2-leerder aan die Laerskool Courtrai, het gedurende die skoolvakansie aan die SA junior geslote skaakkampioenskap deelgeneem. Die toernooi het oor ses dae gestrek. Hy het vierde in die o.8’s se ope afdeling geëindig. Aangesien hy onder die topvyf geëindig het, is Miguel gekies om Suid-Afrika by die Afrika-jeugskaakkampioenskap asook die Statebond-skaakkampioenskap te gaan verteenwoordig.
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.