Wie is jy en hoe oud is jy? Ek is Siyabulile Samagacaj en ek is 17 jaar oud. Ek verjaar 15 April en is in matriek aan Hoërskool Noorder-Paarl.

Wat doen jy om te ontspan? Ek hou my in my vrye tyd besig deur te lees en te draf.

Watter soort mens is jy? Ek beskryf myself as ’n ekstrovert. Ek hou daarvan om geselsies aan te knoop en glo daaraan om respek vir jong sowel as ouer mense te hê. Ek is ’n nederige mens; baie plat op die aarde. Ek is doelgerig in alles wat ek aanpak.

Waarvan hou jy nie en hoekom? Ek glo aan vrede, maar ek is gekant teen geweld, chaos en geraas.

Waarna streef jy te alle tye? Ek strewe na sukses en om my ouers trots te maak.

Van watter soort musiek hou jy? My gunstelingmusiek is RnB, Afro PoP, Gospel en Gqom.

Wat gaan jy ná skool studeer? Ek gaan by die Universiteit van Wes-Kaapland studeer en is reeds vir BA Verpleegkunde aanvaar.

Watter waardes en norme pas jy in jou lewe toe, en hoekom? Die waardes en norme waarmee ek grootgeword het – om mense van hulp te wees en lewens te red. Ek help ook om my siek ouma te versorg. Respek en eerlikheid is heel boaan my lys. Ek glo om my waardes en norme toe te pas, sal dit my help om enige struikelblok te oorkom.

Hoekom het jy hierdie skool gekies? NP was die enigste skool waar ek aanvaar is en dit is bekostigbaar. Die ses pilare (waardes) van die skool is Preach (akroniem) vir die volgende:Productivity, Respect, Equality, Commitment and Honesty.

Noem enige prestasies wat jy al behaal het? Ek is hoofmeisie en een van die toppresteerders in my skool.

Wat is jou gunstelingvakke op skool en van watter vakke hou jy nie so baie nie? My gunstelingvak is geografie, lewenswetenskappe en fisiese wetenskappe. ’n Vak waarin ek nie juis belangstel nie, is lewensoriëntering.

Pêreltjie van

die maand

You need to be Logged In to leave a comment.