Atlete van Simond Privaatskool het onlangs aan die onafhanklike skolevereniging se interskole-atletiekbyeenkoms deelgeneem. Skole wat deelgeneem het is El Shaddai Christenskool, CBC Saint Johns, Blouberg Internasionale Skool en Melkbos Privaatskool. Simond se o.17-meisies se 400 m- (4 x 100 m) aflosspan het ook ’n rekord opgestel by die byeenkoms. Van links is Dilanie Coetzee, Mary-Jane Hasenbroek (aangewys as die beste vroue-atleet by die byeenkoms), Tammy Jacobs en Gizelle Rhode.


You need to be Logged In to leave a comment.