Silwerkruin ACVV huis vir bejaardes hou Saterdag 5 Maart basaar.
Die verrigtinge begin om 08:00 by die kerksaal van die NG Moedergemeente te Kerkstraat, Wellington.
Daar sal pannekoek, tuisgebak, poeding, handwerk, gebraaide snoek, vars vleis en groente te koop wees. Daar sal aktiwiteite vir die kinders asook ’n teetuin en biertent vir die volwassenes wees.
Rig navrae aan Yvonne Booysen by 021 873 1040.