Tientalle besoekers het verlede Vrydag na die basaar gestroom wat deur Silwerkruin, die bejaardesorgsentrum op Wellington, aangebied is.
Volgens Yvonne Booysen, bestuurder van Silwerkruin, was daar minstens dertien stalletjies op die basaar wat, danksy die groot aantal besoekers, besonder flink sake gedoen het.
Die vorige basaar van Silwerkruin is, nadat dit vir baie jare by die sentrum aangebied was, verlede jaar vir die eerste keer na die kerksaal van die NG Moedergemeente verskuif. Vanjaar is dit egter weer by Silwerkruin aangebied omdat dit aan die klompie inwoners wat nie kans gesien het om ’n basaar wat so ver van die sentrum af gehou word, by te woon nie. Van die meer bejaarde inwoners kon hierdie jaar ook die verrigtinge bywoon en na ’n rukkie weer na hul kamers terugkeer.