Dié tennisspelers van die Saretha Maritz-tennisakademie het onlangs die Laerskole Boland-Kavaliers-span in wedstryde teen die Platteland en WP verteenwoordig. Die spelers – o.11-, o.12- en o.13-afdelings – het silwermedaljes gewen. Hulle het ook aan die volgende Drakenstein- streek- en Boland-Kavaliers-proewe vir 2022, wat in Oktober en November gespeel word, deelgeneem. Agter van links: Marilu Hamman, Quinn Smith, Ruben Meintjes, Juliette Corbett, Lienka Laubscher en Elzé Laubscher. Voor: Isabella Corbett, Wanda Keuler, San-Mari Visagie, Dylan Haarhoff, Miné King en Ben Haarhoff.
Silwer tennissterre
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.