Die Coetzee-sibbe, Kelly en Roald, van Laerskool Noord-Eind het in Desember aan die Boland-tennisproewe deelgeneem. Albei is in hul onderskeie ouderdomme in die Boland-span opgeneem en hulle het ook hul provinsiale kleure verwerf. Kelly is in die o.13A-span opgeneem en is gekies om in April aan die SA skoletoernooi (interpro) in Bloemfontein te gaan deelneem. Roald is in die o.12B-span opgeneem en gaan in Maart in Moorreesburg aan die interprovinsiale toernooi teen die WP-disas deelneem.