Megan en Mia Koch, gr. 8-leerders aan die Hoër Meisieskool La Rochelle, het Saterdag aan die Wes-Kaapse kampioenskap vir ritmiese gimnastiek in Wynberg deelgeneem. In hul afdeling vir vlak 6, is Megan as die algehele wenner aangewys en Mia algeheel tweede. Die tweelingsussies neem 4 Oktober in Pretoria aan die SA kampioenskap deel.
Sibbe presteer
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.