Die Shoprite Groep het ’n 60 liter inkopie-sak bekend gestel teen R4 wat vir taxi-pendelaars en mense wat van ander openbare vervoer gebruik maak, bedoel is, weens die feit dat pendelaars dikwels ekstra gehef word vir elke sak wat in hul besitting is.Foto:


Die nasionale supermarkkleinhandelaar Shoprite het ’n groter en sterker 60 liter-drasak bekend gestel, hoofsaaklik vir taxi-pendelaars en mense wat van ander openbare vervoer gebruik maak.

Taxipassasiers in Suid-Afrika word dikwels ekstra gehef vir elke sak wat hulle dra, veral op besiger roetes. Dus, ’n groter drasak wat meer kruideniersware kan hou, sal pendelaars aanmoedig om geld te bespaar op elke inkopiereis.

Shoprite se nuwe rooi 60-liter-sakke is 60 mikron dik en meer veerkragtig, kos R4 en word van dieselfde 100% herwonne materiaal gemaak as die standaard 24-liter-drasakke wat 24 mikron dik is en R1 kos. Die sakke is ook herbruikbaar en herwinbaar.

Gedurende 2013 het die Shoprite-groep die eerste nasionale kleinhandelaar geword wat inkopiesakke van 100% herwinde inhoud in sy supermarkte bekend gestel het.

Shoprite het die afgelope jaar meer as 5 400 ton plastiek herwin wat meer as 600 kg per uur is.

Om die sirkulêre ekonomie te bevorder, werk die Shoprite-groep ook daaraan om te verseker dat 100% van die supermark se eie verpakking herbruikbaar, herwinbaar en komposteerbaar is. Nóg ’n mikpunt is dat verpakkingsmateriaal teen 2025 gemiddeld 30% herwinde materiaal bevat.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 4 December 2025
    Paarl Post – E-edition – 4 December 2025

Gift this article