Meer as 70 werknemers van Shoprite op Wellington ontvang vanoggend siftingstoetse nadat ’n bestuurspersoneellid positief getoets is vir die Koronavirus.
Die winkel is reeds gister hieroor gesluit. Verder sal Shoprite Wellington ten volle ontsmet word en verdere ondersoek sal eers ingestel word voordat die winkel heropen word.
Dit bring die syfer van die gevalle van Covid-19 nou tot agt in die Drakenstein-vallei, waarvan ses reeds ten volle herstel het. Geen van hierdie pasiënte is vir die siekte in hospitale behandel nie.
Die department van gesondheid maan lede van die publiek wat die afgelope paar dae besoek afgelê het by Shoprite Wellington om nie op klinieke of hospitale toe te sak nie, maar om eerder die Covid-19 hulplyn te skakel om raad te kry oor prosedures: 021 928 4102.