Shandrè-Anne Pietersen van Paarl is weer tuis ná twee weke van klipharde netbal. Sy het Varsity College in die USSA-netbaltoernooi in Stellenbosch verteenwoordig en uitstekende netbal opgedis. Sy was ongetwyfeld een van Varsity se sleutelspelers in hul tien wedstryde die week. Ná die USSA-toernooi het sy in die TNL-netbaltoernooi in Bellville vir die WP o. 19-span gespeel en was weer eens briljant. Ongelukkig het die SA keurders nie veel ag op die toernooi se B-groepe geslaan nie. Bo alle twyfel is daar baie netbalspelers in die B-groepe wat toe-oog in SA se o. 19-netbalspan sal kan speel. Foto: Sammy Pietersen
Shandrè-Anne leer nuwe truuks
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.