Laerskool Courtrai het in die sistemiese toetse vir 2018 weer skitterend gevaar. In die kategorie algehele uitnemendheid in taal en wiskunde vir gr. 3 en 6 het dié skool die sesde plek in die Wes-Kaap behaal. Saam met die trotse skoolhoof, Reo Stoltz, is agter Emma Meyer, Julia Kearly, Stéphan Venter en Damienne Greenhalgh. Voor is Pieter-Christoph Lombard, Helena Louw en Thomas Wiersma.