Ses leerders van Laerskool Paarl Gimnasium – Rouxné Pentz, Stefan Wiehahn, Nicole Africa, Zena Swart, Alette Stofberg en LD Nel – is onlangs in Boland se o.13A-hokkiespan opgeneem vir die interprovinsiale toernooi wat van 1 tot 4 Julie in Pietermaritzburg plaasvind.