Sentrum sê nee vir boelies

Volgens kenners kan slagoffers van boelies aan depressie ly of selfs selfdood oorweeg.


Volgens kenners kan slagoffers van boelies aan depressie ly of selfs selfdood oorweeg.

Om dié probleem te beveg, bied Sunfield Home in Wellington in samewerking met WWP Wrestling ’n toernooi op 2 Maart aan.

“Daar sal ook aan inwoners en gaste gewys word hoe om positief van negatiewe energie ontslae te raak deur sport te beoefen,” sê die woordvoerder.

Van die stoeiers sal 27 en 28 Februarie en 1 Maart nege plaaslike skole besoek om leerders meer oor boeliegedrag in te lig. Dié toernooi gaan fokus op die vermoë van die persoon en nie die gestremdheid nie.

Wat die skool ondervind het, is dat daar boelies in enige groep, ras of kultuur, asook ouderdom, selfs tussen gestremdes, is. Dus het dié sentrum besluit om ’n teenboelie-veldtog te begin.

“Sommige boelies is gewoonlik mense wat hulself nie altyd in goeie situasies bevind nie en sodoende hul frustrasies verkeerdelik op ander mense of kinders uithaal,” sê die woordvoerder.

Sunfield Home is ’n tehuis vir ongeveer 110 intellektueel gestremde volwassenes met tien dagsorgpersone. Dié tehuis is aan die voet van die Bainskloofberge in die hartjie van die wynlande, waar die Andrew Murray-standbeeld ook geleë is.

Dié sentrum doen ’n beroep op die publiek, asook enigeen wat hom kan bystaan en help om die geveg teen boelies te bekamp en uit te reik waar hulle kan.

Die toernooi vind op 2 Maart om 15:00 by Sunfield Home, Bainskloof-pad, plaas. Vir nog inligting en kaartjies, bel Garine de Wet by 072 447 2576 of 021 873 5038 of stuur e-pos na garine@sunfieldhome.co.za.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.