Die Drakenstein-sakekamer se visie is om suksesvolle en volhoubare sakeverbinte­nisse te skep.

Ons missie is dus om te fokus op aktiwiteite wat voortdurend vertrouensverhoudinge en vriendskappe tussen sakeondernemings in die Stad Drakenstein help skep om beter geleenthede en vooruitgang vir almal in ons vallei te bevorder.

Die sakekamer slaag grootliks in hierdie doel om geleenthede na ons lede se ondernemings te laat vloei deur middel van gereelde kommunikasiebyeenkomste, waar bestaande en toekomstige belangstellendes ingelig word oor gevalle van sakebelang, asook gemeenskapsaksies wat in die algemene samelewing plaasvind en waar hulle kan inskakel, sou hulle so verkies.

Een daarvan is ons maandelikse koffiegeleenthede, wat gereeld op ’n roterende grondslag by een van ons lede se fasiliteite aangebied word. Dit groei maandeliks in gewildheid en nuwe sake word gereeld tussen lede by dié geleenthede beklink.

Nuwe lede sluit voortdurend as gevolg hiervan aan, en veral jong mense vind hul weg na die sakekamer. ’n Hele paar ondernemings in Wellington en ander dorpe skakel ook by ons in, wat bydra tot eenheid in die sakekamer-familie.

Navorsing deur Maguire op Zenbusiness.com se siening is dat netwerkaksies hom ten doel stel om nie net nuwe kontakte te maak nie, maar ook om ander individue wat jou onderneming op ’n positiewe manier kan bevorder, te ontmoet. Dit dra by tot nuwe verwysings en kontak met verskaffers wat reeds ’n goeie diens aan ander ondernemings verskaf. ’n Sleutelkomponent van doeltreffende netwerking is om ander mense met hul behoeftes te help. Dit is bewys dat die beste netwerkers gewoonlik konnekteerders is wat ander help met sakeverwysings, verskaffing van getuigskrifte of om die een of ander sakebyeenkoms of geleentheid te help bevorder.

Ervare netwerkers besef dat netwerkaksies nie net oor hulself gaan nie, maar ten doel het om vertouensverhoudinge en vriendskappe met mede- sakelui te bewerkstellig. In ’n peiling wat deur Alignable gedoen is, is bevind 85% van kleinsakeondernemings is oortuig dat regstreekse aangesig-tot-aangesig-verwysings vir hulle steeds die beste manier is om nuwe kliënte te werf. LinkedIn het in ’n verslag bevind 85% van nuwe aanstellings in maatskappye word deur middel van netwerke gedoen. Zenbusiness is ook van mening dat die positiewe ondervinding en geleenthede wat by netwerkgeleenthede vaardig is, met vrug in jou onderneming toegepas kan word.

Ons almal benodig van tyd tot tyd hulp en daar is ’n paar goue reëls om robuuste sake deur suksesvolle netwerking te verseker: Woon netwerkgeleenthede by, bepaal jou doel wat jy met jou bywoning wil verseker, word sosiaal in jou vrye tyd, artikuleer jou waardeproposisie doeltreffend, identifiseer gesprek-ysbrekers voortydig, neem ’n sake- sielsgenoot saam, oorkom omstredenheid deur goeie voorbereiding vir ’n netwerksessie, vind ’n rede om met gespreksgenote by die sessie op te volg, vermy negatiwiteit, vermy selfsugtigheid en moenie bang wees om hulp te vra nie.

Aangesien sake nou ’n oplewing beleef met die terugkeer ná die uitdagings wat covid gebring het, moenie wag totdat jou onderneming te ver inkrimp nie, en moenie te gou opgee nie!

Die Drakensteinse Sakekamer is die stem van kleinsake in ons omgewing en lig ondernemings van nuwe tendense en geleenthede in.

Carpe diem.. Breytenbach is die voorsitter van die Drakenstein-sakekamer.

You need to be Logged In to leave a comment.