Die Drakenstein-sakekamer bied Vrydag 6 September ’n sakekoffiegeleentheid aan. Alle plaaslike sakeondernemings is welkom om die geleentheid by te woon.

Die geleentheid vind plaas by die Nederburg-wynlandgoed op die Sonstraal-pad in die Paarl. Dit begin 08:30.

Enige ondernemings wat belangstel om deel van die geleentheid te wees, is welkom om vooraf te antwoord en hul visitekaartjies en baniere na die samekoms te bring.

Om te RSVP en vir meer inligting stuur ’n e-pos-boodskap na info@drakensteinsakekamer.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.