Die fotograaf van Wellington wat aangekla is van verkragting het verlede week weer sy verskyning in die hof gemaak.

Die man word aangekla van die verkragting van ’n 19-jarige meisie. Hy het haar glo verlede jaar uitgelok deur haar op sosiale media te kontak en ’n fotosessie aan te bied. Die slagoffer is toe na bewering tydens die fotosessie aangeval en verkrag.

Die saak word tans aangehoor in die Paarl-landdroshof. Die saak is verlede week egter vir die vyfde keer uitgestel. Volgens die organisasie Action Society, wat die slagoffer ondersteun, is die rede vir die onlangse uitstel dat die regspan vir die verdediging nie by die hof opgedaag het nie.

Volgens Kaylynn Palm, aksiesentrumkoördineerder by Action Society, het ’n familielid van die slagoffer die organisasie genader nadat die verdagte nog maande ná die insident op vrye voet was.

“Die familie van die slagoffer het verlede jaar ’n beroep op Action Society om hulp gedoen nadat byna ’n jaar verloop het sonder enige beweging oor die ondersoek.

“Action Society het voortgegaan om ’n behoorlike ondersoek te doen en die aanvaller opgespoor, wat gelei het tot sy inhegtenisneming in Februarie vanjaar.

“Vir meer as ’n jaar het hierdie jong slagoffer in vrees vir haar lewe geleef en ongehoor gevoel.

“Tot nou toe het die slagoffer nog nie die geleentheid gehad om haar sê in die hof te sê nie, met die saak wat weer eens uitgestel is.”

Die saak kom weer voor op 10 Augustus. . The photographer from Wellington who was charged with rape appeared in court again last week.

You need to be Logged In to leave a comment.