Beoordelaars het verlede week hul hande vol gehad by die beoordeling van vanjaar se Veritas-wyne. Van links: Boela Gerber (Groot Constantia), Francois van Niekerk (Wellington Wines), Johann Fourie (Benguela Cove), Izelle van Blerk (KWV), Christo Pienaar (Voorsitter Veritas), Morney Vrey (Delair Graff), RJ Botha (Kleine Zalze), Hermias Hugo (Pulpit Rock Wines) en Edmund Terblanche (La Motte).


Alle oë was verlede week op Nederburg gerig, waar van Suid-Afrika se voorste beoordelaars bymekaar sal kom om vanjaar se inskrywings vir die Veritas-toekennings te evalueer – in wat al jare lank beskou word as ’n besonder belangrike week van wyn- en brandewynbeoordeling vir die oudste en mees gerespekteerde skou vir sodanige markgereed-produkte sedert sy instelling in 1991.

Die ervare beoordelaarspanele sal in Nederburg se Johann Graue-saal vergader om die beste inskrywings vir die gesogte Veritas-medaljes aan te wys en om die wenner van die Vertex-prys as die beste wyn algeheel te identifiseer. Dié prys is verlede jaar na die Duimpie Bayly Vertex-prys vernoem ter ere van wyle Bayly, ’n bekende en kampvegter van die wynbedryf.

Die deelnemende wyne en brandewyne word oor vyf dae tot Vrydag 16 September geproe.

Die sewe mees mededingende kategorieë volgens inskrywings ontvang is: Rooi versnitte (181), sauvignon blanc (137), shiraz (116), cabernet sauvignon (104), chenin blanc (95) en chardonnay en pinotage (90 elk).

Die plaaslike beoordelaars­paneel sluit verskeie wynmakers, navorsers, akademici, Kaapse Wynmeesters, wyn-aankopers, wynskrywers en wynkonsultante in.

Die Kaapse Wynmeesters speel deurlopend ’n belangrike rol as onafhanklike beoordelaars by Veritas, met nie minder nie as twaalf van hulle wat oor die vyf dae beoordeel.

Veritas en sy vennoot, Deloitte, het bevestig dat die landwye proeë vir die publiek en die handel hervat sal word ná die uitstel daarvan weens die Covid-19-pandemie.

Ruwayda Redfearn, Deloitte Africa se uitvoerende hoof, het gesê: “Ons is trots om met hierdie prestigeryke en langdurige gebeurtenis geassosieer te word. Suid-Afrika se wêreldbekende wynbedryf is ’n belangrike werkverskaffer en ’n sleutelrolspeler in toerisme en die voedsel-, drank- en vermaaklikheidsbedrywe. Ons sien daarna uit om nuwe wyne en ou gunstelinge te ontdek.”

Deloitte het ook bevestig dat die openbare proeë van dubbelgoud- en goud-wenner- wyne in Oktober en November in die hoofsentra hervat sal word.

“Ons sien daarna uit om die top-wyne met ons klante, die handel en verbruikers in Kaapstad, Johannesburg en Durban te deel,” het Redfearn gesê.

Die openbare proeë sal by die Deloitte-kantoor op 21 Oktober in Kaapstad, op 25 Oktober in hul hoofkantoor in Waterfall, Johannesburg, en op 8 November in Durban gehou word.

Die Veritas-voorsitter, Christo Pienaar, het gesê: “Ons is verheug om so ’n langdurige vennootskap met Deloitte te hê om top- bekroonde wyne weer na die Suid-Afrikaanse publiek uit te dra. Met die Veritas-app by CTP wat so goed ontvang is om Veritas-medaljes aanlyn te kan koop, sal verbruikers in staat wees om hul gunstelingwyne onmiddellik by die proeë te ervaar en aan te koop.”

Die Veritas-toekennings, nou in sy 32ste jaar, is Suid-Afrika se voorste wynkompetisie. Wyn- cognoscenti en beoordelaars maak staat op Veritas as ’n ongeëwenaarde stempel van gehalte.

Die pryuitdeling sal word Saterdag 8 Oktober by Nederburg gehou.

You need to be Logged In to leave a comment.