Die borgtogaansoek van Nigel Plaatjies (19), die jongste beskuldigde in die moord op skrywer Winnie Rust, is vanoggend in die Wellington-landdroshof na 22 November uitgestel.
Sy mede-beskuldigde en oom, Johannes Plaatjies (34), se prokureur het vroeër uitstel gevra om met haar kliënt te konsulteer nadat Nigel tydens sy getuienis inkriminerende briewe voorgelees het wat Johannes na bewering aan hom in die tronk geskryf het.
Die saak moes vanoggend egter weer uitgestel word omdat landdros Alvin Saptoe, wat die saak aanhoor, nie by die hof kon wees nie.
Albei verdagtes bly in aanhouding.