Die Rusoord-tehuis vir bejaardes het die Paarl-tuinbouklub in April 2020 genader om insette te lewer oor die opknapping van Rusoord se tuine. Sedertdien is Rusoord se tuine met die hulp van verskeie rolspelers in die gemeenskap omgeskep in ’n waterslim-tuin waar inwoners rustig die natuurskoon kan geniet. Solidariteit Helpende Hand se Paarl-tak het ook ’n bydrae gelewer deur middel van ’n skenking van staalboë waaraan rose gerank sal word om die tuin nog mooier te maak. Die Eden-roos sal mettertyd die boë toerank. Rusoord het almal wat by dié groot projek betrokke was, bedank. Van links: Annessa Fuller (Rusoord), Cecile Joubert (Paarl-tuinbouklub), Johan Lotz, Bosman Slabbert, Izak van Noordwyk en Adele Botha (almal van Solidariteit Helpende Hand se Paarl-tak) en Rochelle Pretorius (Rusoord). Foto: Anan Jacobs


Rusoord se tuin nou ’n lus vir die oog

You need to be Logged In to leave a comment.