Monique Coetzee (32), ’n gewese junior wynmaker by Boland Kelder, is op 1 Desember weens mediese komplikasies oorlede nadat sy sowat 10 jaar gelede ’n tref-en-trap-ongeluk oorleef het. Sy is op 4 Desember tydens ’n diens by die Paarlse Strooidakkerk gegroet. Coetzee was ’n geliefde Paarliet en het ook in 2021 op KykNet se Kwêla verskyn, waar sy haar liefde vir skilder, en spesifiek verf met wyn as ’n medium, met kykers gedeel het. Duisende boodskappe is, en word steeds, op sosiale media oor haar afsterwe gedeel. “Rus sag by God se voete, Micks, aan jou dink ek terug met soveel respek, liefde en geluk. God, jou mooiste blom is gepluk,” luidens een Facebook-plasing van ’n familie-vriend.Foto: Huntley de Villiers/ Facebook


Rus sag, Monique

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article