Elke jaar in Maart word rugby oefen- en speelvelde belet, terwyl daar velde beskikbaar is, maar nie gebruik mag word nie omdat dit krieketseisoen is, wat eers op 31 Maart eindig.
Rugby-liga begin op 1 April en klubs word gekniehalter om behoorlike voorbereiding te kan doen vir hul ligaverpligtinge wat op 14 April begin.
Dit kos rugbyklubs duisende rande om teen klubs buite die Paarl vriendskaplike wedstryde te speel, maar die Drakenstein-munisipaliteit (DM) steur hom nie aan rugbyklubs se pleidooie nie.
Vorige week is ’n Paarl-klub, Violets, verhoed om op die Boy Louwvelde te speel, met allerhande verskonings en met law enforchement wat gedreig het om velde nie voor te berei nie, terwyl Boland-klubs toegelaat is om op dié dag te speel nadat hulle hul velde self voorberei het, alhoewel hierdie klubs ook intussen ’n rooikaart gekry het.
Hierdie week verwag rugbyklubs die DM gaan weer sy volle mag gebruik, met law enforcement-boelietaktieke, sodat klubs nie kan speel of oefen nie.
Rugby het telkemale onderneem om nie op krieket se ruimte inbreuk te maak nie en sal slegs ruimte gebruik soos ooreengekom, maar ’n algemene belet van oefen en speelvelde is geheel en al ongevraagd.
Geen krieketwedstryde is geskeduleer vir die naweek op die Boy Louw-velde nie en die velde is beskikbaar – hoekom kan dit nie gebruik word nie? Klubs is selfs bereid om die velde op eie koste te laat voorberei, maar ’n sekere DM-amptenaar met noue bande met krieket glo dat die velde aan haar “behoort”.
Paarl Rugby onderneem om geen velde te beset waar krieket plaasvind nie, maar sal slegs velde wil aanwend wat in ongebruik en beskikbaar is, soos die Boy Louwe-velde hierdie Saterdag, waar Young Peoples, Albions en Riverstones aansoek gedoen het om teen ’n span van Stellenbosch te speel.
Rugby is bereid om self velde voor te berei soos Mbekweni United gedoen het.
Indien DM-amptenare in diens van die Paarl-gemeenskap van hul troon kan afklim en nie sekere sportkodes bo ’n ander bevoordeel nie of teen mekaar probeer afspeel nie – of bly ons nou in ’n military state waar gewapende magte gebruik word om sportontwikkeling te onderdruk?

