’n Verdagte in ’n sakerooftogsaak is onlangs vir jare tronk toe gestuur.

Kapt. Louise du Plessis, ’n woordvoerder vir die Paarl-polisie, sê Nonoto Jela van Mbekweni is 18 jaar direkte tronkstraf opgelê. Die uitspraak is op 1 Oktober gelewer en hou verband met ’n sakerooftog op 6 Augustus 2020 in Noorder-Paarl.

“Die beskuldigde is verantwoordelik vir die roof van R19 000 van die onderneming, asook selfone, nadat hy ’n vuurwapen op die winkeleienaar en klante gerig het. Die verdagte is in 2021 in hegtenis geneem nadat hy deur forensiese ondersoeke positief met die rooftog verbind is.”

You need to be Logged In to leave a comment.