Die Roses se Lee Grant Fortuin is hier oppad doellyn toe. Foto: Reginald Afrikaner
Die Roses se Lee Grant Fortuin is hier oppad doellyn toe. Foto: Reginald Afrikaner

Roses het verlede Saterdag (24 Mei) ‘n spanningsvolle wedstryd teen Newton op die Boland-stadion met 36-34 gewen. Die tuisspan moes van agter af hard terugbaklei nadat hy teen rustyd met 19-24 agter was. Roses se voltooiing van die eerste ronde van die Grootuitdaag-kampioenskap met volpunte is ‘n merkwaardige prestasie wat sy ambisie bevestig.

Jayden van Wyk het vroeg in die wedstryd vir Newtons ‘n drie gaan druk. Dit is deur Wilfred Bowers verdoel, wat Newton met 7-0 laat voorloop het.

Roses het onder druk gebly, maar teruggeslaan met ‘n kragdrie deur die hardlopende en fisieke Denvor “Stone” Cloete.

Briljante spel deur Lee Grant Fortuin, die heelagter van die Roses, het die toeskouers vroeg opgewonde laat regop sit.

Newton het in die eerste helfte die oorhand gehad met vinnige spel en goeie samewerking tussen sy agterspelers.

Newton het verskeie kere deur Roses se verdediging ge- breek en die kleedkamers teen rustyd met ‘n vyfpunt-voorsprong betree.

Die Roses se Lee Grant Fortuin is hier oppad doellyn toe.  Foto: Reginald Afrikaner
Die Roses se Lee Grant Fortuin is hier oppad doellyn toe. Foto: Reginald Afrikaner

Soos in die eerste helfte was dit weer die Newton Bombelas wat ná die pouse eerste punte aangeteken het.

Roses het egter in die tweede helfte sy ritme gevind. Hy het sy voorry benut en met geduldige fasespel vorentoe beweeg, wat hom die agterstand geleidelik laat inhaal het.

‘n Drie in die laaste minute van die wedstryd – deur Easton Arendse – het die wentelling aan Roses besorg.

Die sege is ‘n groot hupstoot vir Roses, wat met sy terugvegpoging karakter en vasberadenheid getoon het.

Newton sal sekerlik ongelukkig voel oor die gemiste geleent- heid deur sy losskakel, Wilfred Bowers, wat ‘n 50-m-strafdoel misgeskop het.

Albei spanne het opwindende en mededingende rugby gespeel, met die toeskouers wat tot die laaste minuut omtrent naels gekou het.

Uitslae:

Grootuitdaag – Witsentraal:

Temperance 30-59 Bella Vista;

Wolseley 33-2 Hamlet;

Roses United 36-34 Newtons;

Villagers Newtons 33-43 Ceres;

Hillcrest 52-15 Young Blues;

Delicious 35- 28 Evergreens.

Paarl Rugbystreeksliga:

Young Gardens 17-32 Laer Paarl;

Riverstones 18-23 Rangers;

Pêrel United 28-0 Paarl.

You need to be Logged In to leave a comment.