Dié o.13A-netbalmeisies het hulself baie goed van hul taak gekwyt en Laerskool Noord-Eind se naam hoog gehou by Augsburg Landbougimnasium se jaarlikse Rooikat-naweek. Dié span wen Lutzville 25-8, Swartland 10-9, Welgemoed 18-10, Augsburg 16-10 en Vredenburg 28-11. Die span is gekroon as die wenner van die Rooikat-naweek. Agter is Neri Jordaan, Danika Smuts, Adri Loubser, Elizma van Niekerk, Liné la Grange, Lizhandre Francis, Chloë Stander en Hanel Vollgraaff. Voor is Christine Bester, Marne van Tonder en Esmari Velantine. Hanel is ook aangewys as die beste verdedigende speler van die toernooi.