Roof by begraafplaas neem toe, sê polisie

Die Wellington-polisiekantoor se bevelvoerder, kol. Johan Barkhuizen, sê die gemeenskap, veral bejaardes, moet bewus wees van ’n toename in rooftogte in en om die Champagne-begraafplaas- gebied.


Die Wellington-polisiekantoor se bevelvoerder, kol. Johan Barkhuizen, sê die gemeenskap, veral bejaardes, moet bewus wees van ’n toename in rooftogte in en om die Champagne-begraafplaas- gebied.

Hy sê hy wil individue en besigheids­eienaars in die omgewing waarsku om waaksaam te wees wanneer hulle geld trek, saamdra, uitgee of salarisse uitbetaal.

“Ons wil individue en besigheids­eienaars aanmoedig om eerder elek­tronies te werk te gaan.” Hy vra ook die gemeenskap se samewerking met polisiesektorbestuurders en sê inwoners moet te alle tye bewus wees van OTM-veiligheid.

Hy vra diegene wat so ’n rooftog gesien het om hul naaste polisiekantoor of Crime Stop by 08600 10111 of die Wel­lington-speurders by 021 864 9000 skakel.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.