Rolstoel kan nuwe lewe beteken

Op 22 Desember 2014 het J.C. Dittrich van Wellington se lewe handomkeer verander. Voor daardie dag was J.C. ’n jong rekenaarspesialis met groot toekomsdrome. ’n Ernstige motorongeluk het egter sy toekomsdrome in ’n oogwenk weggevee. Sy nek is in die


Op 22 Desember 2014 het J.C. Dittrich van Wellington se lewe handomkeer verander. Voor daardie dag was J.C. ’n jong rekenaarspesialis met groot toekomsdrome. ’n Ernstige motorongeluk het egter sy toekomsdrome in ’n oogwenk weggevee. Sy nek is in die ongeluk gebreek en sedertdien is hy aan ’n rolstoel gekluister.

Die aard van sy beserings het veroorsaak dat J.C. nie met ’n gewone rystoel oor die weg kan kom nie.

“Weens my nekbeserings en gevolglike verlamming, kan ek nie lank in ’n gewone rolstoel sit nie. Ek gly te maklik uit die stoel. Daarom moet ek ’n spesiale rolstoel kry as ek enigsins weer wil deel wees van die lewe om my.

“Sulke stoele word nie in Suid-Afrika vervaardig nie. Dit moet ten duurste uit die buiteland ingevoer word en daarvoor het ek minstens R70 000 nodig.”

Tans lê J.C. byna heeldag in sy bed. Sy vriende en familie help hom egter om vir kort rukkies in ’n gewone rolstoel buite rond te beweeg.

As gevolg van die huidige hittegolf onderneem hulle hierdie uitstappies slegs saans wanneer die wêreld effens afgekoel het

J.C. se groot droom is om die soort rystoel aan te skaf waarmee hy makliker op sy eie kan rondbeweeg en weer deel van die wêreld om hom kan word.

Om die nodige geld bymekaar te kry om die regte rolstoel in te voer, het J.C. saam met sy familie en ’n paar van sy vriende met ’n geldinsamelingsveldtog begin.

Tot dusver het die veldtog hul stoutste verwagtinge oortref.

Pas nadat hulle die veldtog van stapel gestuur het, is daar reeds R23 000 ingesamel.

“Ek droom nie net van die dag wanneer ek ’n rystoel sal besit wat my in staat sal stel om weer die stukkies van my lewe te begin optel nie.

“Ek het intussen, as gevolg van die ongeluk, ook ander mense wat in ’n soortgelyke posisie is, se nood begin raaksien. Ek wil kyk hoe ons mekaar kan help om die lewe weer met nuwe durf aan te pak!”

Om te help bel 081 591 6389.

* A young mans life who’s life was irreversibly changed after a car accident needs to raise R70 000 for a specialised wheelchair to try and pick up the pieces of his life.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.