Lee Wayne Philander, ’n leerder van Paarlzicht Primêr, het onlangs aan die SA skole Snelroei-kampioenskap in Gansbaai deelgeneem en vyf medaljes in die o.12-afdeling gewen. Hy het goud in die 1 000 m-snelroei gewen, silwer in die 500 m, goud in die 200 m en silwer in die langafstandroei-item. Hy het ook die o.12- victor ludorum- afdeling met goud gewen.