Roald Coetzee, ’n gr. 7-leerder aan Laerskool Noord-Eind, het op 22 Januarie aan die Wes-Kaapse Kavaliers-tennisproewe (Boland) in Moorreesburg deelgeneem, waar hy vir die o.13-B-span gekies is. Dié span het op 14 Februarie aan ’n toernooi teen die Kaapse Metropool-span in Hermanus deelgeneem, waar hulle in hul afdeling as wenners uit die stryd getree het. Roald het toe sy provinsiale kleure in tennis vir 2021 ontvang.


Roald help Boland wen

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article