Die tweede jaarlikse rieldansfees van Nederburg Primêr vind vroeg in September plaas.
Die fees het verlede jaar tot stand gekom en het ’n groot opkoms gehad van mense wat die rieldansers se gewik en swaai in die stof geniet het.
Rieldansers van so ver as Montagu het ook deelgeneem en die terugvoer ná die fees, wat die eerste in sy soort in Paarl-Oos was, was baie goed.
André Kearns, Nederburg Primêr se adjunk-skoolhoof en ’n lid van die fees se organiserende komitee, sê: “2022 was ’n reusesukses.”
Die 2023-fees word op 9 September by die skool gehou.
Kearns sê as enige rieldans-spanne nog aan die fees wil deelneem, moet hulle die skool so gou as moontlik kontak en vra om met juffrou Amanda Pitt te gesels.
Die skool kan by 021 862 1900 gekontak word.


