Jan van Riebeeck-rylaan, wat verby Mbekweni na of van Wellington strek, raak al hoe meer gevaarlik.
Deesdae ry al minder mense nie meer dié roete voor sonsopkoms of sonondergang nie, in vrees dat hulle beroof of aangeval sal word.
Ek het sowat ’n week gelede om 06:00 die oggend dié pad gery, en dit was toe al lig noudat die somer hier is.
Die volgende oomblik het ’n groep mense aan ’n motor wat voor my by die robot gestaan het, se deure geruk. Gelukkig was die deure gesluit en niks het gebeur nie.
Boewe is besig om die oorhand te kry en raak al hoe slimmer. Hierdie gebied in die Drakenstein is net nog een wat ’n no man’s land geword het.