“Dié Tree of Hope-projek was die suksesvolle poging van die ACVV-Wellington om die gemeenskap saam te bring deur middel van brei-en-hekel-byeenkomste wat pret, opwinding en gemeensaamheid in die lewens van die dorp se inwoners vermag het,” sê die ACVV se Steven von Schlicht. Die oorblywende doelwitte vir die projek is daarop gemik om toeriste-aantreklikheid te bevorder, geld vir ACVV-Wellington in te samel, ’n ikoon staan te maak vir die hele gemeenskap, komberse te skenk aan hulpbehoewendes tydens die komende winter van 2023 en ’n volhoubare projek te skep wat jaarliks herhaal kan word. “Daar is wel nog ’n nood vir finansiering om die boom staan te maak. Diegene wat graag ’n bydrae wil lewer word gevra om my direk te kontak.” Moenie ’n naweek vol Kersfees-pret misloop nie. Vrydag 2 Desember sal ’n Kersmark tussen 16:00 en 21:00 by die kerksaal in Kerkstraat gehou word, asook ’n Carols by Candlelight-byeenkoms. Dit sal gevolg word deur nóg ’n Kersmark wat Saterdag 3 Desember tussen 08:00 en 13:00 in die kerksaal in Wellington aangebied word. Foto: Carin Purchase


Reuse-Kersboom bevat 7 000 kleurvolle gehekelde blokkies

You need to be Logged In to leave a comment.