Kort ná die onlangse 137 jaar feesvieringe van die Pauw Gedenkskool wat in 1879 op Wellington begin is, en negentig jaar sedert die skool die gebou betrek het wat dit vandag nog huisves, het Herman Bailey, ’n oudleerling, ’n foto opgediep van die Sub A-klas van 1957 – die jaar toe hy by Pauw Gedenkskool begin skoolgaan het.
“Baie van die leerlinge wat saam met my op die foto verskyn, het my reeds genader met die versoek dat ons volgende jaar, in die eerste kwartaal, ’n reünie moet hou,” het Bailey die afgelope week gesê.
Hy het bygevoeg dat hyself oor die meeste van sy klasmaats van toentertyd se name beskik. Terwille van volledigheid wil hy egter sy oudklasmaats versoek om vir hom soveel as moontlik van die name op die foto wat hulle nog kan onthou, te stuur. Sodoende sal hy wel daarin kan slaag om ’n volledige lys van almal op die foto op te stel.
Bailey self verskyn heel regs in die agterste ry. Langs hom is hulle klasjuffrou van toentertyd, Joan Moses.
Herman Bailey kan gekontak word by 021 873 2132 of 082 901 5050.