Die monetêre beleidskomitee (MBK) het by sy onlangse vergadering aangekondig dat die rentekoerse onveranderd op 8,25% (repokoers) en die prima uitleenkoers op 11,75% sal bly.

Volgens Adrian Goslett, streeksdirekteur en uitvoerende beampte van RE/MAX Suider-Afrika, sal groei in die eiendomsmark getemper bly totdat die rentekoersverlagings realiseer, wat baie ekonome voorspel moontlik in September of November vanjaar kan plaasvind.

“Hoewel die mark oor die algemeen onder druk is weens hoë rentekoerse en bekostigbaarheidskwessies, is die eiendomsmark steeds aktief. As ons kyk na hoe die RE/MAX SA-netwerk tot einde Junie gevaar het, is ons 0,75% op in getal eenhede verkoop in vergelyking met verlede jaar. Ons is ook 4% op in totale registrasieverkope en 10% op in gerapporteerde verkope in vergelyking met verlede jaar. Hoewel dit nie waar is vir almal in die industrie nie, toon RE/MAX SA steeds groei ten spyte van die uitdagende marktoestande,” sê Goslett.

Hoë rentekoerse het beteken dat kopers probeer om minder afhanklik te wees van huisfinansiering.

BetterBond se eiendoms­verslag vir Julie onthul dat ná die beskeie verbetering in nuwe huisleningsaktiwiteite wat gedurende die eerste kwartaal begin het, het die tweede kwartaal geen groei getoon nie.

“Met rentekoerse so hoog as wat dit is, is bekostigbaarheid ’n probleem vir die meeste kopers. Verkopers wat dit erken en die huis teen billike markwaarde prys, het gewoonlik nie ’n probleem om ’n gekwalifiseerde koper te vind nie,” sê Goslett.

Goslett bly ook positief optimisties oor wat die komende maande sal bring. “Met die markte wat so positief reageer op die GNU, is ek hoopvol dat ons binnekort die eerste rentekoersverlaging sal sien en die begin van beter marktoestande oor die algemeen,” sluit hy af.

You need to be Logged In to leave a comment.