Reik uit na die kinderhuis

Inwoners het die geleentheid om kinders se harte bly te maak.


Inwoners het die geleentheid om kinders se harte bly te maak.

Huis Andrew Murray in Wellington bied weereens sy immergewilde Kersfees in Julie-skoendoosprojek aan.

Die kinderhuis nooi gesinne, vriende, skole, kerke en maatskappye uit om na die kinders uit te reik deur ’n skoendoosgeskenkpak aan hulle te gee.

Huis Andrew Murray, wat vanjaar sy 120ste bestaansjaar vier, sorg daagliks vir 150 sorgbehoewende kinders wat of wees gelaat is of wat deur die kinder­hof uit ouerlike sorg verwyder is.

Die kinderhuis het ’n wenslys vir die kinders opgestel per ouderdomsgroep. Hiervolgens kan die gemeenskap hulle spesiale skoendosies verpak.

Die skoendose moet teen 25 Julie by die kinderhuis afgelewer word en hulle sal 28 Julie aan die kinders oorhandig word by ’n spesiale geleentheid.


.
Indien iemand wil betrokke raak by dié projek, bel die kantoor by 021 873 3834/5 of stuur ’n e-pos na bemarking@andrewmurray.org.za

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.