Dit was ’n skok om die nuus te kry van die vierjarige meisie se moord die week. Hoeveel nog?
En die blaam hiervoor kan vierkantig op die skouers van die ANC geplaas word. Kyk net na ons regstelsel. Ek is bereid om geld daarop te verwed dat indién die skuldige vasgetrek word, hy ’n elle lange misdaadrekord agter sy naam het, net om keer op keer weer op straat te beland.
Dit is duidelik deur ons regstelsel en die grondwet van die ANC dat misdadigers beskerm word. Kyk maar net na die party self. Hoeveel misdadigers dwaal nie veilig en teen goeie betaling in hul eie geledere rond nie?
Die opspraak oor die kind se dood sal sekere nog enkele weke aanhou en ek sal nie verbaas wees as die hoed-draende polisieminister nog ook hier ’n draai maak om kamstig sy simpatie uit te spreek nie. Maar binnekort gaan als vergete wees en net nog kinders gaan wreedaardig en sinloos vermoor word.
Totdat die doodstraf teruggebring word, gaan geweldsmisdaad net aanhou styg.

