Met die aanbreek van die Paasnaweek maan die Wes-Kaapse Regering padgebruikers om veilig op die pad te wees wanneer hulle op reis gaan.
“Die Paastyd word tradisioneel gekenmerk deur verhoogde verkeersvolumes op die Wes-Kaapse paaie. Ons doen ‘n beroep op elke padgebruiker om verantwoordelike keuses te maak – of jy nou ry, stap of fietsry. Een slegte besluit kan verwoestende gevolge hê,” sê Muneera Allie, Wes-Kaapse departement van mobiliteit se kommunikasiehoof.
Daar word verwag dat verkeersvolumes na verwagting Donderdagmiddag (17 April) tot Vrydagoggend (18 April) ‘n hoogtepunt sal bereik, terwyl reisigers na hul vakansiebestemmings gaan. Maandag sal na verwagting ook hoë volumes verkeer sien soos mense terugkeer huis toe.
Isaac Sileku, LUR vir mobiliteit, doen ‘n beroep op almal om verantwoordelik op die pad te wees.
“Om onder die invloed te bestuur, te jaag of roekeloos verby te ry, stel nie net jou lewe in gevaar nie, dit stel die lewens van almal rondom jou in gevaar. Ons het nog altyd ‘n nul-verdraagsaamheidsbenadering gevolg nie net oor vakansiedae soos Paasfees nie, maar regdeur die jaar. Ons Verkeerswetstoepassingsbeamptes sal sigbaar en aktief wees regoor die provinsie om lewens te beskerm en die wet toe te pas,” sê Sileku.
Die Mobiliteit Departement het in tussen ‘n paar veiligheids wenke met padgebruikers gedeel.
Vir bestuurders:
• Moet nooit drink en bestuur nie.
• Hou by die spoedgrens en handhaaf veilige volgafstande.
• Neem gereelde ruspouses op lang reise om moegheid te vermy.
• Vermy afleidings – bly van jou foon af terwyl jy bestuur.
Vir voetgangers:
• Dra helder of reflekterende klere, veral in die nag.
• Kruis slegs by aangewese kruisings en brûe.
• Bly wakker en vermy afleidings naby paaie.
Vir fietsryers:
• Dra weerkaatsende toerusting en gebruik ligte wanneer sigbaarheid min is.
• Volg die reëls van die pad en ry in enkellêer wanneer nodig.
Vir openbare vervoeroperateurs:
• Maak seker dat alle permitte in orde en roete is – gemagtig.
• Doen voorrit-kontroles oor voertuigtoestand en passasierslaai.





