Hugenote Laerskool se redenaars het aan die einde van 2019 ’n interne ATKV-redenaarskompetisie by die Wellington-museum gehou. Olivia le Cordeur, kurator van die museum, het die deelnemers se sertifikate sowel as boekpryse aan die ses beste sprekers, wat die skool by die eerste ronde van die nasionale ATKV-redenaarskompetisie gaan verteenwoordig, oorhandig. Agter is Daniël Loedolff, Reinhart Grobbelaar, Albert Lourens, Mia Rossouw, Zeké Agulhas, Zenieke Jansen van Vuuren en Tian Croukamp. Voor is Andriëtte Smit (skakelonderwyseres) en die ses beste onvoorbereide sprekers met hul boekpryse. Hulle is Marelize Meyer, Phumi Dyonta, Annabelle Neethling, Mialé Bindemann, Ané Visser, Coden Morilly, Marilu Zeeman en Olivia le Cordeur. Marilu is as die algehele beste onvoorbereide spreker aangewys en Tian het ook die “kansvatter”-prys gewen.