Die Charleston Hill Sekondêre Skool se redaksie van sy skoolkoerant het onlangs die Woordfees in Stellenbosch bygewoon. Caitlin Marthinus (fotograaf), Raynique Baartman (verslaggewer), Marius AJ Barends (verslaggewer), Patricia Pienaar (verslaggewer), Me-andré Botha (verslaggewer) en Benito Davids (sportverslaggewer) het baie by die Woordfees geleer.