Radiostasie en sport verenig

’n Samewerkingsvennootskap tussen die Rampokkers-unie, Bok Radio en die Cornal Hendricks-stigting het verseker toekomstige sportsterre het sporttoerusting om hul talente uit te leef.


’n Samewerkingsvennootskap tussen die Rampokkers-unie, Bok Radio en die Cornal Hendricks-stigting het verseker toekomstige sportsterre het sporttoerusting om hul talente uit te leef.

Die sporttoerusting is deur Bok Radio se Sport Boks-projek ingesamel, waar luisteraars gevra is om gebruik­te en nuwe sporttoerusting aan die radiostasie te skenk.

Bok Radio se uitvoerende hoof, Wimpie van der Sandt, het op sosiale media van die Rampokkers-unie se gemeen­skapsbetrok­kenheid te hore gekom en die unie genader oor hulp rakende die verspreiding van die toerusting.

“Sport lê my baie na aan die hart en daarom het ek en Bok Radio besluit om betrokke te raak by dié projek. Ek hoop en vertrou ons sien een of vele van julle eendag in ’n Springboktrui,” het Wimpie by die oorhandiging van die toerusting by Newton Primêr in Wellington gesê.

’n Rugbykliniek wat deur Cornal Hendricks, professionele rugbyspeler en stigter van die Cornal Hendricks-stigting, gehou is, het leerders van Newton in ekstase gehad.

“Ek onthou nog my skoolrugbydae soos gister. Ek het baie pret gehad, maar ek het groot gedroom.

“Julle is die rolmodelle en leiers van die toekoms. Gebruik julle kanse in die lewe en julle sal suksesvol wees.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.