Kom deel in ’n wonderlike aand met sjerrie en musiek, insluitend ’n kamerorkes en manskwartet onder leiding van die plaaslike musikant Laurinda Hofmeyr. Winterklanke word op 31 Mei om 18:30 by die Paarl-Vallei-gemeente aangebied. Kaartjies vir die konsert kos R200 en bykomend R150 vir fynproewer-sop en brood en kuier daarna in die kerksaal. Kontak die kerkkantoor by 021 872 4395 vir besprekings.