Dunielle Solomons (21 Promo) en Nathan Brown (Pengii) by verlede jaar se prysuitdeling in die Paarl-stadsaal. Foto: GreenShots
Dunielle Solomons (21 Promo) en Nathan Brown (Pengii) by verlede jaar se prysuitdeling in die Paarl-stadsaal. Foto: GreenShots

Nadat dit die afgelope vyf jaar op hoofsaaklik hiphop as ‘n genre gefokus het, sal die Paarl se eie vermaaklikheidstoekennings vanjaar ook kunstenaars in die gospelbedryf vereer.

Só vertel Cadin Lewis, medestigter van die Public Health-vermaaklikheidstoekennings, nadat die finaliste vir vanjaar se toekennings die afgelope Sondag (19 Oktober) by ‘n gala-middag by die Breytenbach-sentrum in Wellington aangekondig is.

Dié toekenningsgeleentheid, wat die eerste keer in 2020 gehou is, het aanvanklik net agt afdelings gehad.

Vanjaar is altesaam 26 afdelings beoordeel.

Die toekennings het, tot vanjaar toe, op hoofsaaklik hiphop en rymklets, oftewel ghetto rap, gefokus.

“Oor die afgelope bykans ses jaar het ons die potensiaal van hierdie geleent- heid gesien en daarom besluit om meer toekennings aan te bied.

“Ons het juis hierdie toekennings begin omdat daar nie noodwendig geleenthede is waar kunstenaars in hier- die genre vereer word nie.

“Die Sama’s in Gauteng is hoofsaaklik vir swart kunstenaars. Dan is daar ook KKNK en AKTV waar ons ook voel ons nie noodwendig ‘n platform gebied word nie.

“Ons het gaan sit en onsself gevra waar ons ons in hierdie groter prentjie insluit.

“Die idee is natuurlik om eendag met sulke groter toekenningsgeleenthede te kan meeding.

“Vir nou is ons egter bewus van die finansiële beperkings.

“Ons hoop wel om meer borge in die nabye toekoms te kry en sodoende te groei,” het Lewis verduidelik.

Die Paarlse rymkletsers 21 Promo, Pengii en Luda G is vir verskeie toekennings benoem.

Luda G is een van die vier kunstenaars wat vir die toekenning as beste manlike rymkletser benoem is.

Die Wellingtonner Rowan Ranna is benoem in die afdeling vir die beste gospelopname-kunstenaar sowel as beste gospelvertoningskunstenaar.

Vir die afdeling Album van die Jaar is die benoemings as volg: Young & Wreckless deur Chesrae Megan, Danser tot ‘n Rapper 2 deur Junior King en Kay Medusa, Evolve deur Anslin Gysman (Gospel) en The New Generation deur 21 Promo en Pengii.

Die prysuitdeling vind op 17 Desember in die Paarl-stadsaal plaas.

Die lys van volle benoemings is hier beskikbaar.

• Besoek WeTicket vir kaartjies.

You need to be Logged In to leave a comment.