In die lig van die energiekrisis waarin die oorlog in die Oekraïne die wêreld gedompel het, trek baie van ons landsburgers wat afhanklik is van paraffien vir kosmaak, hitte en lig, swaar weens die stygende brandstofprys.

Hierdie is verregaande.

Die gepubliseerde prys van vyf liter paraffien is R166,10, maar Agrimark vra R209,00 daarvoor. Dit is ’n winsgrens van 80% oor die hele verskaffingsketting.

En onthou, die R166,10 sluit reeds ’n winsmarge in.

Ek glo hierdie kan ’n interessante onderwerp vir ’n ondersoekprojek wees deur opnames te maak van wat verskillende winkelgroepe vir paraffien vra. Dit kan lesers ook leiding gee oor waar om die goedkoopste paraffien te kry.

Ek dink ’n mens moet by die begin van die verskaffingsketting begin – by die brandstofmaatskappye soos Shell, BP, Total ensovoorts.

In die verlede kon ’n mens jou eie kannetjie neem en hulle het dit volgemaak, maar nou misbruik hulle die skuiwergat “excluding the price of any form of packaging” om amper dubbel te vra as wat die paraffien behoort te kos.


Anoniem,

PAARL

You need to be Logged In to leave a comment.