Om met selfvertroue voor vreemde mense op te tree is vir baie vreesaanjaend maar vir hierdie leerders is dit veel eerder pret.
Leerders van 20 skole in die Wes-Kaap het onlangs aan die eindronde van die Podiumpret sprekervaardighede- en redenaarskompetisie in die Paarl deelgeneem. Elkeen van hulle het ’n lapelknopie ontvang wat met trots gedra kan word. Almal is slaggereed om aanstaande jaar weer aan die uitdunrondes deel te neem en só weer ’n plek in die finaal te wen.
Die kompetisie word sedert 2016 in samewerking met die Afrikaanse Taalmonument aangebied.
Van 2018 af sal skole landwyd aan die kompetisie kan deelneem. Carolina@podiumpret.co.za help kinders om podiumpandemonium te verander in podiumpret.